
Klein voetjies. Groot spore.
Welkom by Strandlopertjies
Ons Klassies
Strandlopertjies gee ons kinders die perfekte begin.

Strandkruipertjies
Ons Baba-program
Om jou kosbare bondeltjie in iemand anders se sorg te los, is vir 'n Mamma (en 'n Pappa) 'n ongelooflike moeilike stap. Elke kleintjie wat aan ons toevertrou word, word versorg met liefde en omgee. Ons stuur gereëld foto's en boodskappe, sodat ouers kan sien hoe dit met hulle baba gaan deur die dag.

Strandlopertjies
Ons Kleuterprogram
Hulle is aan die beweeg en dit is heerlik!
Ons het 'n veilige, intieme en prettige omgewing waar kleuters kan klim, klouter, en ontdek. Binne en buite die klas is daar apparate en speelgoed wat die kleintjies se nuuskierigheid sal prikkel en hul verbeelding verryk.
​
Deel van ons daaglikse roetine is stories luister en lees, kreatief wees, sing, gediggies leer en goeie slapies maak.
Hoekom Strandlopertjies?
Die rede vir ons bestaan.

Ons wil 'n liefdevolle, veilige en ondersteunende dagsorg bied vir gesinne in die Strand omdat ons ook ouers is.
Ons glo dat 'n kind floreer in die regte omgewing. 'n Omgewing wat hulle uniekheid omhels terwyl dit geleentheid bied om emosioneel, sosiaal en kreatief te groei.
By Strandlopertjies wil ons hê dat elke kind moet weet dan God hulle lief het.
​
Die Span
Mammas met 'n passie
By Strandlopertjies stel ons passievolle, toegewyde en omgee-mammas aan wat streef daarna om 'n verskil in kinders se lewens te maak.

Ditha
Mamma, Juffrou, Entrepreneur
Ditha is 'n mamma van twee dogtertjies. Sy is 'n gekwalifiseerde grondslagfase-onderwyseres en het 8 jaar skoolgehou.
​
"Ek kon dit nie meer oor my hart kry om my babas af te laai by 'n plek wat ek nie voel reg was nie.... 'n mens se hart weet mos net."
​